Accessibility
  • Change text size

    • Normal Text
    • Medium Text
    • Large Text
  • Contrast

    • Black&white
    • High
    • Normal
  • Display

    • Cursor White
    • Cursor Black
  •  

You are here

MC Agri Juvenille (Afrikaans)

Multicote™ Agri (8) Juvenile

The solution for growing new orchards.

 

Multicote™ Agri (8) Juvenile is sorgvuldig saamgestel om jong, niedraende
bome optimal te voed en bied:

  •  Voldoende voiding oor aantal maande
  •  Beste kunsmis verbruikseffektiwiteit
  • Geen besoedeling van groundwater
  •  Geen opbou van ongewenste soute in die grond Onlangse

 

metings van ‘n 3 jaar oue appleboord in die WesKaap wys duidelik dat met net ‘n enkel MCA (8) Juvenile (MCA = Multicote Agri) toediening in jaar 1, daar steeds in jaar 3 gemiddeld 20% beter stamomtrek, boomhoogte en die aantal lote per boom as die bome wat net met konvensionele produkte bemes was, te kry is.Indien daar in jaar 2 en 3 met Multicote volgehou was, kon hierdie veskil dalk nog groter gewees het, maar daar is in jaar 2 en 3 teruggeval na konvensionele bemesting.

 

 

 

 

In ander proewe gedoen op sitrusbome het die Multicote bome in jaar 3 reeds voldoende volume groei getoon en ook die 1ste kommersieële vrugteoes geset, ‘n volle 2
jaar voor die konvesioneel bemeste bome. Die Multicote bome het verder hul oesopbrengste jaar na jaar verhoog en in jare 4,5 en 6 dieselfde opbregste gelewer wat
die konvensionele bome eers in jare 6,7 en 8 kon bereik.


Nie Draende Sitrus Limpopo

 

 

 

Die produkte is gebaseer op Multicote®tegnologie
waar plantvoedingstowwe geїnkapsuleer word met polimeeromhulsels. Na toediening begin die korrels vog opneem;
die vog los dan die voedingstowwe op. Sodoende word die opgeloste voedingstowwe op ’n gekontroleerde wyse deur diffusie in die wortelsone vrygestel. Die
diffusietempo word slegs bepaal deur grondtemperatuur. Dus, hoe warmer die grond, hoe vinniger word die voedingstowwe vrygestel en hoe koeler, hoe stadiger. Die
grondtipe, pH, waterinhoud en mikrobiese aktiwiteit het geen effek op die tempo nie. ’n Enkele toediening van Multicote® Agri verskaf ’n konstante vrystelling van
plantvoedingstowwe reg deur die groeisiklus. As gevolg van die Multicote®tegnologie,geskied die vrystelling van voedingstowwe in pas met die plant se
voedingsbehoeftes. Hierdie doeltreffende tegniek verseker doeltreffende opname van voedingstowwe en verminder verliese deur loging en vervlugtiging drasties. Die
lee polimeeromhulsel is bioafbreekbaar en disintegreer na vrystelling voltooi is om geen residu in die grond agter te laat nie.

MCA (8) Juvenile is daarom spesifiek saamgestel om die plant se groeikurwe te volg en aan die voedingstofbehoeftes te voldoen vanaf bod in die lente regdeur die
somer tot in die herfs waneer die plant in rus gaan. MCA word aanbeveel as ‘n naplant toediening sodat daar verseker kan word dat die toediening reg geskied en dat
die produk nie onder in die plantgat beland nie. Volg die toedieningsriglyne hieronder noukerig om sukses te verseker. Om die vrystelling van die Multicote te
koordineer met die plant se groeikurwe is dit belangrik dat die MCA rondom bot toegedien word, gewoonlik 2 weke voor bot tot 2 weke daarna. Die begin van lente is
dus die ideale tyd van toediening aangesien die meeste plante dan ‘n aktiewe groeifase beleef, met die piek behoefte in die vroeë somer. Soos die plant se groei tempo
in die laat somer begin afneem en die plant vir dormansie gereed maak, so sal die MCA ook al minder begin vrystel en net genoeg voedingstowwe lewer vir die plant
om aft e hard en reserwes te bou vir die oorwintering. Die regte tyd van toediening is daarom baie belangrik, so ook die keuse van die korrekte produk, raadpleeg dus
‘n gekwalifiseerde landboukundige wat u kan help om die regte produk vir u toestande te selekteer.

 

 

Toedieningsriglyne

Toedieningspeile van MCA (8) Juvenile (Reg. Nr. K8834 Act 36 of 1947) sal deur gekwalifiseerde Landboukundiges voorgestel word na aanleiding van
grondontledings, gewenste groeikrag en groeitoestande. (Dien normaalweg 70% van konvensionele N toe.)
Die korrekte toediening van enige Multicote® produk is van uiterste belang en die volgende riglyne moet noukeurig gevolg word:

  •  Moenie die Multicote® direk teen die wortels of stamme plaas nie.
  • Om egalige vrystelling te verseker moet Multicote® altyd onder die grondoppervlakte geplaas word, of ten minste met ‘n deklaag (mulch) bedek word.
  • Dit is goed om die MCA dosis in 2 tot 4 plekke, gleuwe, rondom die plant toe te dien. Maak die gleuwe 20 tot 30 cm lank en laat dit soos die speke van ‘n wiel rondom die stam uitstraal.
  •  Plaas die MCA korrels op ‘n diepte van ongeveer 5 tot 10 cm, ten minste 5 cm vanaf die stam of wortels. In warmer dele moet dit dieper geplaas word, sien verdere riglyne hieroor.
  • Verkieslik moet daar nooit meer as 100g MCA per gleuf toe gedien word nie.
  • Multicote® behoort altyd binne die benatte sone van die besproeiingsstelsel geplaas word, onder die druparea van die boom se blaredak. 

Faktore wat ‘n rol speel om die diepte van plasing te bepaal:

  • Die diepte van die aktiewe wortelsone (Multicote behoort
  • Verwagte grondtemperature gedurende die groeisiesoen. Indien dit baie warm gaan wees moet die Multicote dieper geplaas word, tot 25 cm diep indien nodig. Dit sal ook korreleer met die aktiewe wortelsone.
  •  Indien enige vorm van meganiese onkruidbeheer toegepas gaan word moet die MCA ook dieper geplaas word, onder die meganiese werksdiepte.
  •  Waar drupbesproeiing gebruik word moet die Multicote® tussen die naaste drupper en die stam geplaas word. Nie direk onder drupper.
  • Gebruik ’n graaf of ander geskikte gereedskap om ’n gleuf in die grond te maak waarin die Multicote® geplaas kan word. Trap gleuf liggies toe na toediening.
  •  Moet nie Multicote® in hopies teenaan die stam of wortels te plaas nie.
  •  Moet nie Multicote direk in die plantgat toedien nie, dit is altyd beter om eers na plant die riglyne hierbo beskryf en in die fotos hieronder gewys te volg.

 

Beskikbare Multicote Agri Produk reeks vir vrugtebome en wingerd:
Hoewel MCA (8) Juvenile die produk is wat spesifiek vir die vestiging van nuwe boorde ontwikkel is, is daar ook ‘n paar alternatiewe produkte geformuleer wat
spesifieke landboukundige, gronden gewasbehoeftes, asook sekere area behoeftes aanspreek. Raadpleeg n gekwalifiseerde landboukundige wat u kan help om die
regte produk vir u toestande te selekteer. Hier is ‘n paar van die voorskrifmengsels wat tans in gebruik is:

  •  MCA (8) Juvenile +Zn&B
  •  MCA (8) Juvenile +Fe
  •  MCA (4) Juvenile
  •  MCA (4) Juvenile Kern

U plaaslike Suid Afrikaanse verskaffer:
Kontak gerus Inteligro se hoofkantoor vir die kontakbesonderhede van die agent naaste aan u, of kontak Haifa South Africa.